Ringtennis
Voorlaaste dag by Wereldkampioenskappe PDF Print E-mail
Written by Administrator   
Friday, 06 August 2010 08:04
Suid Afrika het Donderdag(5 Aug 2010) die voorlaaste dag van die wereld kampioenskappe beleef. SA het slegs 2 punte elk afgestaan teen India en teen Pole. Teen Bellarusch (Wit Rusland) het ons alles gewen.
 
Suid Afrika het dus Donderdag(5 Aug 2010) reeds die Silwer medalje gewen en speel more teen Duitsland in die finaal. Dit gaan baie hard wees, maar ten spyte van hulle twee besering by die mans dink hulle tog dat hulle dit nog steeds gaan maak.
 
Hein is Donderdag(5 Aug 2010) tydens die Wereld Ringtennis Federasie se Algemene Jaarvergadering as President verkies vir die volgende 4 jaar. Die 2014 Wereld Kampioenskappe sal dan ook in SA plaasvind.


 
PUIK PRESTASIES DEUR PROTEASPELERS BY TWEEDE WêRELDKAMPIOENSKAPPE PDF Print E-mail
Written by Administrator   
Friday, 06 August 2010 08:01
Spelers van die Protearingtennisspan het puik prestasies gelewer in Koblenz, Duitsland waar hul besig is om deel te neem aan die Wêreldkampioenskappe.
Lenize Potgieter,  Nasionale S.A. Enkelskampioen het haar prestasies in Duitsland voortgesit  deur as Wêreldkampioen in die Senior Damesafdeling uit te tree.Sy het in die finaal teen Duitsland se nr 2 dame, Vera Vollhase, te staan gekom en die wedstryd met 48-36 beklink.  Sy het verder ook die Wêrelddubbelspeltitel saam met haar ma, Heleen Potgieter verower en die silwer medalje ingepalm in die gemengde dubbelspel saam met Hanno Pienaar. Wat diè  prestasies merkwaardig maak is dat Lenize slegs 16 jaar oud is.
Afgesien van die 3 medaljes, het Irmarie Kruger en Melicia Sauer ook die brons medalje verower in die afdeling vir damesdubbels en Bronwin Human en Miriam Hartman het die brons medalje ingepalm in die tradisionele dubbelspelafdeling vir dames.
Die Proteaspan begin op Donderdag, 5 Augustus met hul aanslag op die Wêreldspankompetisie met ‘n toets teen  Indië.  Die span wat Suid-Afrika  sal verteenwoordig is : Hanno Pienaar , Bertus le Roux, Craig Ogilvie,Rowan van Tonder, Lenize Potgieter, Heleen Potgieter, Irmarie Kruger en Melicia Sauer. 
 
Lenize Wereld Kampioen PDF Print E-mail
Written by Administrator   
Monday, 02 August 2010 08:10

Lenize Potgieter het op 1 Augustus 2010 die ringtennis dames enkels wereld kampioen geword. Sy het Vera Vollhase van Duitsland in finaal verslaan met 'n punte telling van 48 - 37.

Die res van die span het ook goed gedoen in die enkel en gemengde kampioenskappe en uitslae was soos volg.

Dames Enkel
Lenize Potgieter - Wereldkampioen
Irmarie Kruger - 6de
Melicia Sauer 7de
Heleen Potgieter 8ste
 

Gemengde Dubbels
Hanno Pienaar & Lenize Potgieter - 2de
Justin Kokott & Melicia Sauer - 4de
Abrie Pienaar & Annette Henning - 6de
 
Mans Enkels
Craig Ogilvie - 5de
Hanno Pienaar - 6de
Bertus Leroux - 7de
 

Die dubbels word more(2 Augustus 2010) klaar gespeel.
 
Justing Kokott is in die hospitaal met 'n geskeurde hakskeen sening. Hy word more(2 Augustus 2010) ontslaan en sal in SA ge-opereer word. Dit gaan goed met hom.
 
Die span se gees is goed en alles in nog soos die beplanning was.


 
PROTEA TEAM TO TAKE PART IN 2ND World RINGTENNIS CHAMPIONSHIPS IN KOBLENZ,GERMANY PDF Print E-mail
Written by Administrator   
Monday, 26 July 2010 14:05

The recently - appointed Protea Ringtennis Team will be leaving for Koblenz, Germany on Saturday, 24 July 2010 to take part in the 2nd World championships. The team, consisiting of 6 male and 6 female players will be taking part against 12 other countries, including the hosts Germany, India, Poland, USA, Belarus, Brazil, Bangladesh and Pakistan.

Before lining up for the very strong competition in Koblenz, the delegation , which also includes the coach, Hein vd Lith, team manager Evert Potgieter, umpire Felicia Sauer, physiotherapist Ester Venter and chef-de-mission Johan Ferreira, will pay  a pre-tour visit to the German cities of Oer-Erkenschwick, Recklinghausen, Munster and Neuwied. The time here will mainly be spent to shake off jet lag and do a little sight-seeing . However, the team will make their first acquaintance with German Ringtennis competition with 2 matches being played; one against Westfalia and the second against the Mittelrhein team in Neuwied.

On Friday, 30 July, the team will be transported to their hotel in Koblenz where the official Championships will start the next day with an opening ceremony and the World Singles Championships. The rest of the competition will consist of Alternating doubles, Free style doubles, Mixed doubles and then the ultimate Team competition which is universally regarded as the culmination of the event.

Since the announcement of the team, the Protea players have spent many hours of training  in sports halls, seeing that the Championships are held indoors in Germany ; a custom completely foreign to the South African Ringtennis scene where all matches are played out of doors on all-weather surfaces. However, the players have adapted remarkably well and are  well - prepared for the very tough competition awaiting them in Koblenz. With the assistance of 15 supporters accompanying them, they are ready to take on the challenge and “wave the South African flag !!”

The members of the Protea team are:

Team captains: Bertus le Roux and Heleen Potgieter

Men                  : Richter van Tonder, Hanno Pienaar, Justin Kokott, Craig Ogilvie, Rowan van Tonder

Ladies              : Lenize Potgieter, Irmarie Kruger, Melicia Sauer, Miriam Hartman, Bronwin Human

 
Copyright © 2010 saringtennis.za.net. All Rights Reserved.
Joomla! is Free Software released under the GNU/GPL License.